|
Hierdie font is gemaak van foto's en tekeninge van rotskuns in Suid Afrika. Die informasie op hierdie bladsy is 'n samevatting van die .txt lêer wat in die meegaande zip-lêer is. Hierdie font is gratis vir nie-kommersiële gebruik. Jy kan dit vrylik versprei, maar hou asseblief die .txt lêer daarby. |
|
Ek het baie geleer oor hierdie kunstenaars uit die Steentydperk terwyl ek hierdie font gemaak het. Ek hoop jy kry net soveel plesier uit die gebruik hiervan, as wat dit vir my was om dit te maak. |
|
Die Boesmans (San) was die ouens wat die meeste rotsskilderye gemaak het. Hulle kuns is definitief nie primitief of naief nie. Die beelde wissel van monokroom tot bikroom en selfs skakeerde polikroom. Party toon so 'n manjifieke gebruik van skakering van kleur, dat dit onmoontlik sou wees om die beelde in swart-en-wit om te skakel soos nodig is vir 'n font. |
|
Die kunswerke is beelde uit hulle daaglikse lewe. Die diere wat hulle sien, hulle daaglikse take soos jag en kos versamel. Hulle gevegte asook hulle danse. Alhoewel daar wel skilderye is van vreemde mitologiese figure, bestaan daar geen "godsdienstige" simbole soos chevrons, spirale en driehoeke êrens in die Suid Afrikaanse rotskuns nie. |
|
Ek het die beelde van hierdie font as volg ingedeel:
|
Mitologiese Figure |
|
|
Die syfers toon 'n variasie van mitologiese figure. Dit sluit 'n snaakse gevleuelde kreatuur in, 'n slang met horings asook voëlmense en mensfigure met bulkoppe. Die dubbelkopslang hierbo is 'n massiewe skildery, amper 7 voet in lengte. Die Visrivier "canyon" is volgens mitologie veroorsaak deur die gespartel van 'n slang-god om by die see uit te kom. 'n Beeld wat op verskeie plekke voorkom, is die van die Reënbul wat veronderstel is om reën oor die land uit te spoeg. |
|
Diere |
![]() |
|
Alhoewel die skilderye van mense simplisties en stileerd is, is dit nie die geval met die dier-skilderye nie. Die detail van die dier-skilderye word op baie min plekke in die wereld ewenaar. 'n Eienskap wat uniek is aan die Suid-Afrikaanse rotskuns is die tegniek van "foreshortening" Die diere is in profiel geverf, 3/4 aansig en van agter af. Die kunstenaars het dit baie "skillful" gedoen. Ek sluit 'n paar baie goeie voorbeelde hiervan in. Die Eland is die dier wat die meeste voorkom in die kunswerke van die San. Soveel so dat hulle ook bekend staan as Die Mense van die Eland. Hierdie diere het algemeen in die area voorgekom, en het ongetwyfeld 'n groot deel van die San se diëet gevorm. |
![]() |
|
'n Eienaardigheid van hulle kuns is dat die horings van die diere altyd geverf is asof die dier van voor af gesien is. (Soortgelyk aan die ou Egiptenare wat altyd 2 linkerbene geteken het!) Die twee wildebeeste is goeie voorbeelde hiervan. Die vetstertskaap wys ook dat die San nie net jagters was nie, maar ook mak diere aangehou het. |
|
'n Baie interessante feit kom na vore as 'n mens die diere-skilderye analiseer.As 'n mens iemand sou vra om die profiel van 'n dier byvoorbeeld 'n perd te teken, sal die perd gewoonlik na links kyk as die kunstenaar regs is en omgekeerd. Die kuns van die San toon dat meer as 60% van die diere na regs kyk, wat impliseer dat die kunstenaars linkshandig was. Dit beteken dat OF die San was 'n linkshandige groep, of dat die kunstenaars meer algemeen linkshandig was. Hierdie teorie pas in by die hedendaagse denkrigting dat die regter hemisfeer van die brein (wat die linkerhand beheer) die artistieke hemisfeer is. |
|
Die Mense |
|
|
|
Die mense word definitief nie in soveel detail uitgebeeld as die diere nie, maar daar is so 'n verskeidenheid van hierdie beelde dat ons baie kan aflei van die daaglikse lewe van hierdie mense. Die amper horisontale posisie van die bene dui 'n hardloper aan. Die detail van die mensefigure is genoeg dat ons selfs die klere kan sien wat hulle gedra het soos mantels en hooftooisels. |
|
|
|
Vroue word nie so algemeen uitgebeeld as mans nie. Hulle word in hulle daaglikse roetine uitgebeeld, soos kosmaak, kinders oppas en om te grawe vir eetbare bolplante. Die vroue toon almal die groot agterstewe en dye so tipies van die San, genaamd "steatopygia". Dit is duidelik 'n fisiese eienskap wat meer waarskynlik vir oorlewing sou sorg in tye van droogte en hongersnood. |
|
|
|
Baie van die mansfigure word uitgebeeld met 'n semi-ereksie. Hierdie is 'n fisiese eienskap uniek aan die San, naamlik "penis rectus". Hierdie eienskap help met verkoeling en hitteverspreiding in die warm somers van Suid Afrika. 'n Ander beeld wat herhaaldelik voorkom, is een of meer dwarsbalkies oor die penis. Die betekenis hier is onduidelik, maar die teorie is dat die voorvel met ornamente soos stukkies been en vere versier is. Die figuur hierbo is 'n sprekende voorbeeld. Sy hele lyf is ook geverf. Hierdie nuwe mode van body piercing is blykbaar niks nuuts nie! |
|
|
|
Verkeie tablo's van jagtonele word in die rotskuns aangetref. Ek sluit een in waar die jagters 'n wip gebruik om 'n niksvermoedende duiker te vang. Hulle het hulself ook vermom met dierkoppe en -velle. |
'n Verskeidenheid van wapens is gebruik vir jag en gevegte. Ek sluit voorbeelde in van knopkieries, assegaaie, asook pyl-en-boë. Orloe is gevoer tussen aangrensende stamme oor jaggebiede asook tussen die San en plaaslike swart stamme. Die prent hierbo is geneem uit 'n groot tablo wat so 'n oorlog uitbeeld. Dit toon duidelik hoe 'n vrou haar man probeer keer om in die geveg in te storm. Die skildery toon die geveg in detail, insluitend gewondes, bloeiendes en selfs 'n soldaat wat 'n arm verloor het. |
|
|
|
Dans en musiekmaak word ook gereeld gesien. Dit is gewoonlik die mans wat dans, terwyl die vrouens sit en die ritme klap. |
|
|
Hierdie font sluit natuurlik net 'n klein deeltjie van die kuns in. Ek het slegs beelde ingesluit wat hulle daartoe geleen het om in 'n font omskep te word. Hierdie kunswerke is vinnig besig om te verdwyn, weggeweer deur die elemente en mense. Ek hoop hierdie font sal so 'n bietjie bydra daartoe dat hierdie beelde vir ons kinders behoue bly |
|
|
|
Terwyl jy hier is, wil jy nie ook sommer my gasteboek gaan teken nie?
© 2001
- 2003. Su Lucas Enterprises Inc.
Rapporteer asseblief enige probleme op hierdie bladsye aan die Webmistress.
| |
Gratis aangebied deur virafrikaans.com. | |
|
|
Hierdie webwerf is op sy beste met Internet Explorer 5.5+. Die ideale skermresolusie is 800x600 of 1024x768. |
|
Hier was al
| besoekers by Su's Fonts sedert 2/2/02. |