![]()
|
Hierdie bladsye gaan die tuiste wees van die fonts wat ek gemaak het. NUUS2 April '03: Die eerste maand van die domein se bestaan is verby, en alles het so goed afgeloop! The first month in the new home has passed. It all
Weereens 'n groot dankie aan die ouens by GetMeHosted.
Julle is SUPER! En nee, Maart was toe nie die maand van die beloofde alfabet font nie.
Nee, dis weer 'n dingbat. *G* Hulle sê glo "It's hip to be square" maar julle sal
maar self moet gaan kyk of julle saamstem.
3 Maart '03:Snuif! Ons webwerfie word so vinnig groot! Vir die
tweede maand in 'n ry is die oordragkwota oorskry. Ek moes besluit of
ek nog 'n maand gaan wag-en-kyk, of tog maar my eie domein kry. Wel, die
domein het gewen. My senuwees was gedaan teen die einde van die maand
terwyl ek die oordragmeter sit en dophou. Seker dis soos wat dit is om
te sit en wag vir 'n tiener om huis toe te kom na 'n aand uit! *G* 20 Februarie '03: Veels geluk liewe sulucasfonts, omdat jy verjaar!
Ja, dit is al 'n volle jaar, en om dit te vier het ek SLDividers op die
Dingbats bladsy bygesit. 1 Februarie '03: Ek moet om verskoning vra vir my besoekers wat
na die einde van Januarie se kant kom kuier het. Hierdie werf was op 24
Januarie tydelik opgehef, omdat ek my oordragkwota vir die maand oorskry
het. Moet ek nou kan dink dat ek "arrive" het? *G* Maar 100MB
is nie veel nie, en ek is besig om aan alternatiewe te werk om te voorkom
dat dit weer gebeur. 1 Januarie '03: Die eerste dingbat vir die jaar, om almal 'n gelukkige
en voorspoedige 2003 toe te wens. Miskien is my font-produksie beter in
2003, maar moenie asem ophou nie! *G* 16 Desember '02: Die nuutste dingbat is 'n spanpoging tussen my
en Bella Morte. Sy het die
karakters geteken, ek het hulle in 'n font omskep. Ons noem dit Junari
Claws. 1 Desember '02: SL Zodiac Stencils is sopas op die Dingbats bladsy
bygevoeg. Sowaar, en dit minder as 'n maand na die laaste een! 7 November '02: Baie mense het allerhande tegnieke gebruik om my so ver te kry om
weer 'n font te maak. Mooipraat, skimpe, selfs dreigemente! LOL Die lewe is altyd te dol, en 'n mens te besig met ander dinge. Maar die nuus
dat my eerste kuber-peetkind vandag gebore is, was genoeg om my te inspireer om hierdie een af te stof.
SL Squiggles is op die Dingbats bladsy opgelaai.
21 Julie '02: Hoog tyd 'n nuwe font bysit, né! SL Mythological Silhouettes
is bygevoeg op die Dingbats bladsy.
21 Junie '02: SL Safety is bygevoeg op die Dingbats bladsy. 'n Klein poginkie om te help
om ons kinders meer veiligheidsbewus te maak.
31 Mei '02: Ek het 'n hardeskyf krisis gehad laas naweek, so daar is nie 'n font opgelaai nie.
Was vir etlike dae sonder 'n rekenaar. Ek het SL Sign Language opgelaai, omdat daar soveel mense is vir wie
die stryd om te kommunikeer nie net deur 'n nuwe hardeskyf reggestel kan word nie.
16 Mei '02: Winter het ons in al sy glorie getref.
Ons kan dalk nog sneeu kry hierdie winter. Omdat ons nooit 'n wit Kersfees
kan hê nie, het ek besluit om nou SL Christmas Silhouettes by te voeg
op die Dingbats bladsy. Ons kan ons maar verbeel dis Kersfees. Dis definitief koud genoeg! *G*
Alles op hierdie webwerf is © 2001 - 2003 Su Lucas Enterprises Inc. Rapporteer asseblief enige probleme op hierdie bladsye aan die Webmistress.
|
|||||||||||