Lees die gasteboek Teken die gasteboek



 

Dingfonts is alfabet-karakters wat uit prentjies opgemaak is. Hulle is gewoonlik slegs vir ornamentele gebruik, aangesien hulle nie juis leesbaar is teen klein puntgroottes nie.

SL Fork'n Font

Ek het verskeie vrae gehad oor die verskil tussen dingbats en dingfonts. Ek dink die voorbeelde wat ek hier het behoort die verskil duidelik te illustreer:
'n Dingfont kan nog steeds gebruik word om woorde te spel, terwyl 'n dingbat bloot 'n prentjie is wat geen verband hou met die alfakarakter wat deur die prentjie verteenwoordig word nie.

SL Sign Language

Ek het nie veel dingfonts in my repertoire nie. Hierdie is die tweede en waarskynlik die laaste een vir 'n wyle. Dis moeilik om te besluit of hierdie as 'n ware dingfont kwalifiseer of nie.*G*
Ons het hierdie gebaretaal op skool gebruik tydens eksamentyd. Terwyl die ander kinders vakke geskryf het wat ons nie geneem het nie, moes ons so stil soos muise wees. Ons het toe maar met gebaretaal kommunikeer. Morse Kode is gou-gou verban, om ooglopende redes!






Terwyl jy hier is, wil jy nie ook sommer my Gasteboek teken nie?




Kry jou eie Afrikaanse webwerf hier.
Gratis aangebied deur virafrikaans.com.
As jy nie Internet Explorer 5.5 gebruik nie, gaan jy nie al die spesiale effekte te sien kry nie. Sluit aan by die meerderheid en installeer IE 5.5. Hierdie webwerf is op sy beste met Internet Explorer 5.5+.
Die ideale skermresolusie is 800x600 of 1024x768.

Alles op hierdie webwerf is © 2001 - 2003  Su Lucas Enterprises Inc.  Rapporteer asseblief enige probleme op hierdie bladsye aan die Webmistress.

Hier was al
besoekers by Su's Fonts sedert 2/2/02.