Lees die gasteboek Teken die gasteboek



 

Dingbats is fonts wat prentjies of simbole bevat in plaas van alfabet karakters. 'n Mens kan dus nie teks skryf met hierdie fonts nie. Hulle is gewoonlik ornamenteel van aard. Klik op die prentjies om die fonts af te laai.


SL Square Ornaments

Vierkantige ornamente, of ornamentele vierkante? Hoe dit ook al sy, hier's 25 van hulle op die kleinletter sleutels. En 'n paar reghoekiges op die nommers, sommer vir die pret.


SL BookArts

Hier is hy: die eerste font by die nuwe domein. 'n Rukkie terug het iemand op een van die e-poslyste waaraan ek behoort, gevra na 'n font met boek-prentjies. Hierdie font het 'n verskeidenheid van hulle. Boeke, boekbindery, drukkery en 'n paar pragtige "ex libris" beelde. Selfs 'n spotprent-karakter of 2! Die font bevat 26 karakters op die kleinletter sleutels. Geniet dit!


SL Dividers

Ek moes net 'n nuwe font oplaai op die eerste "verjaarsdag". Ek kan nie glo dat dit al 'n volle jaar is sedert ek die eerste font hier opgelaai het nie. Hierdie een is nou nie so ornamenteel soos ander soortgelyke "dividers" nie, maar ek het teen die horlosie gewerk op hierdie een! *G*


SL Zodiac Icons

'n Nuwe font vir 'n nuwe jaar. Sjoe, maar 2002 is vinnig verby. Tempus fugit! Beste wense vir 2003 aan al my besoekers.


Junari Claws

Hierdie font is 'n spanpoging tussen myself en Bella Morte. Sy het die karakters geteken, ek het hulle in 'n font omskep. Die inhoud van die zip-lêer benader dinge ook uit 'n ander hoek. *G*


SL Zodiac Stencils

12 karakters in hierdie font. Hulle is in volgorde op die kleinletter sleutels.


SL Squiggles

'n Lawwe skrabbelfont om 'n baie spesiale dogtertjie te verwelkom. Die hoofletters is die spieëlbeelde van die kleinletters.


SL Mythological Silhouettes

Allherhande mitologiese gediertes is in hierdie font. Vlieende perde, eenhorings, drake, meerminne, en nog vele meer. Gee jou verbeelding vrye teuels!


SL Safety

'n Onderwerp wat my baie na aan die hart lê, is die veiligheid van ons kinders. Dit is veral toepaslik hier in Suid Afrika. Hierdie font is bedoel as prentjies vir die kleintjies om in te kleur om hulle meer bewus te maak van hulle persoonlike veiligheid.


SL Christmas Sillhouettes

Ek het hierdie font gemaak met die spesifieke doel om Kerskaartjies te maak. Ons het die papier vir die kaartjies self gemaak. Hierdie karakters is op wit papier gedruk, en voor op die helder gekleurde kaartjies geplak. Voeg net 'n bietjie blinkers by, 'n paar strepe met 'n goue pen, en voila!


SL Kid's Alphabet

My kinders het die tekeninge gemaak vir hierdie font. Hulle is tog te trots om hulle eie kunswerke in font-formaat te sien, hoor!


SL Woodcut Faeries

Een van my gunstelinge. Hierdie figuurtjies is so delikaat! Hier is 14 prentjies in hierdie font op die kleinletter-sleutels.


SL Star of David

Hierdie font het ek gemaak op versoek van Jami by Typesource, toe daardie webwerf nog bestaan het. Hy het genoem dat daar baie fonts is met Kersfees- en ander Christelike simbole, maar dat daar 'n tekort is aan fonts met Joodse simbole. Ek het op die Ster van Dawid besluit. Wie weet, miskien is daar dog 'n dreidl-font op pad in die toekoms. *G*


SL Wash

Hierdie is die heel eerste font wat ek gemaak het. Dit is die simbole wat 'n mens kry op die wasinstruksie-etikette in klere. Die ingeslote teks-lêer het 'n verduideliking van wat elke simbool beteken.

Baie dankie aan Apostrophe wat my hand al die pad vasgehou het.




Terwyl jy hier is, wil jy nie ook sommer my Gasteboek teken nie?


Kry jou eie Afrikaanse webwerf hier.
Gratis aangebied deur virafrikaans.com.
As jy nie Internet Explorer 5.5 gebruik nie, gaan jy nie al die spesiale effekte te sien kry nie. Sluit aan by die meerderheid en installeer IE 5.5. Hierdie webwerf is op sy beste met Internet Explorer 5.5+.
Die ideale skermresolusie is 800x600 of 1024x768.

Alles op hierdie webwerf is © 2001 - 2003  Su Lucas Enterprises Inc.  Rapporteer asseblief enige probleme op hierdie bladsye aan die Webmistress.

Hier was al
besoekers by Su's Fonts sedert 2/2/02.